Rabbedoe: ‘n Verhaal uit die Baanbrekerslewe / Carol R. Brink

R100.00

Hoekom kan jy jou tog nie soos ‘n jong dame gedra nie!” het mevrou Woodlawn gekla as Katinka saam met haar broers gaan jag en perdry en op die rivier vaar. Sy was ‘n egter rooikop-rabbedoe. Saam met haar broers bak sy poetse op die vietse stadsniggie as sy kom kuier, en gaan besoek sy die vriendelike indiane van Hoofman Jan se stam. Dit is ‘n groot dag as Hoofman Jan haar sy beroemde haarlokgordel gee om te bewaar. Dis ‘n treurige dag as Nero moet weggaan om te gaan leer op ‘n egte jaghond te wees. Maar die grootste dag van almal is die dag toe die geheimsinnige brief op die plaas aankom…

Die avonture van die Woodlawn-gesin dateer uit die pioniersdae van Amerika en is gebaseer op ware verhale wat Katinka Woodlawn aan haar kleinkinders vertel het toe toe sy al diep in die tagtig was. Thomas, Wim, Hettie en Hoofman Jan en al die ander mense het regtig geleef. Terwyl die skryfster een of twee denkbeeldige voorvalle bygevoeg het, het sy tog die werklike agtergrond en die karakters van die lewende mense in gedagte te gehou. Rabbedoe is een van die gewildste en mees gelese boeke wat daar nog geskryf is. Dit is ‘n lewendige, boeiende verhaal waarvoor mens nooit moeg word nie.

1 in stock

SKU: BIO.VERT.NOR.011/27/8/21 Categories: ,

Description

Tafelberg-Uitgewers

Tweede druk 1971

Hardeband met omslag, omslag toon verweer, plakker op rugkant, biblioteek stempelblaai op binneblad

Stofomslag: Horst Walter