Rebunie: Roman /Philander, PJ

R160.00

Bron: Wikipedia:

Die roman Rebunie is deels op persoonlike ervarings gegrond tydens sy tyd as skoolhoof in Calvinia en behandel die menslike vooroordele waaraan verhoudings tussen rassegroepe onderworpe is in die tussentyd net na die Tweede Wêreldoorlog en voordat die Nasionale Party aan bewind kom. Die nuutaangestelde onderwyser, Kallie Carelse, begin sy loopbaan geesdriftig deur tuinbouprojekte van stapel te stuur om die hongerlydendes te voed. Algaande raak hy egter verstrengel in die kleindorpse politiek van die plaaslike kerke en skole. Weens sy uitgesproke verset teen die ongeskrewe politieke reëls van sy tyd word hy erg deur die plaaslike sendelingpredikant aangerand. Hy wen ’n siviele eis teen die predikant, maar dit lei tot ’n aanval deur onbekende aanvallers en later sterf hy in ’n ongeluk. Onderliggend aan die verhaal is ook die geskiedenis van die vroeg twintigste-eeuse Kaapse rebel Abraham Esau. Die titel van die roman is ontleen aan die uitgestorwe vulkaniese krater Rebunie in die Calvinia-omgewing, wat simbolies is van die uitbarsting van opgekropte emosies. Saam met S.V. Petersen skryf P.J. Philander ook skoolhandboeke vir Aardrykskunde en Geskiedenis.

1 in stock

SKU: FIKSIE.KAN.006/11/2/24 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2000

Sagtebandboek met mooi helder voorblad

Bandontwerp : Tertia du Toit