Description
Femina Pretoria
Eerste uitgawe, eerste druk 1983
Hardeband met bruin omslag, x bibboek met normale stempels en plakkers, bladsye is verbruin maar inhoud skoon en netjies
Stofomslagontwerp: Rina Coetzee
R90.00
Selde hoe is Joan Retief op haar beste, selde hoe!
Met haar wrang, maar nooit bitter nie, humor kyk sy in hierdie bundel sketse na die wêreld om haar en in haar.
Deur haar oë sien ons die geestige maar ook die diep menslike emosies van die oorgangsjare. Gaan hou ons vakansie om van alles af weg te kom net om weer vreugdevol te kan terugkeer na almal van wie ons wou wegvlug! Saam met haar en met die tong in die kies, kyk ons na die wêreld van die moderne Adam, net om aan die einde die tong uit die kies te haal en beskamend die kop te laat sak.
Ydelheid word ook onder die loep geneem en vat-vat taamlik ongemaklik aan ‘n mens se lyf – al het dit met die ore te make.
Geluidloos hef jy die stem saam met die skryfster aan en vra jy dat IEMAND tog na jou woordlose hulpgeroep moet luister!
Joan Retief laat ons lag met ‘n hierdie sketse, maar altyd met deernis. Want geen mens lag tog vir homself sodat dit seermaak nie! Daarom sal hierdie bundel weer en weer gelees moet word!
1 in stock
Femina Pretoria
Eerste uitgawe, eerste druk 1983
Hardeband met bruin omslag, x bibboek met normale stempels en plakkers, bladsye is verbruin maar inhoud skoon en netjies
Stofomslagontwerp: Rina Coetzee