Description
JP van der Walt
Eerste druk 1993
Hardeband met mooi pienkpers voorblad, boek is soos nuut
Omslagontwerp: Marna Schoeman
R100.00
In Skoonveld pak die skrywer die noodlottige gevolge van perversie binne een gesin romanmatig aan: ‘n gesin van statusen soort: opgevoede, gegoede, talentvolle en mooi mense.
Die inwerk van die gholf en die tegniek daaragter is ‘n uiters geslaagde vonds juis omdat die konkrete vergestalting word van wat op ‘n psigologiese vlak aan die gang is. Wim kan in terme van gholf geestelik rekenskap gee van wat hy psigies slegs verward aan die lyf voel gebeur.
Nooit laat van Coller hom verlei om te moraliseer nie – hy beels net uit, bly getrou aan die wesensaard van die vertelkuns.
Skoonveld (1993) is Dolf van Coller se debuutroman en val in die genre van psigologiese realisme. Die hoofkarakter, Wim, se ouer broer sterf onder vreemde omstandighede tydens sy weermagopleiding, sy tweelingsuster is aan ‘n rystoel gekluister en sy ouers se huwelik is besig om te verbrokkel. Wim is nie by magte om al hierdie traumatiese gebeure self te verwerk nie en ‘n groot gedeelte van die boek handel dan ook oor Wim se interaksie met ‘n sielkundige, dr. Hans Reinecke.
1 in stock
JP van der Walt
Eerste druk 1993
Hardeband met mooi pienkpers voorblad, boek is soos nuut
Omslagontwerp: Marna Schoeman