So lief as wat daardie hoender vir ‘n skoot is /Le Roux, Ina

R65.00

Stukke in die boek is in Venda geskryf. Die Venda-verwysings is taalkundig versorg deur prof. Koos van Rooy.

Vanuit die songebleikte Verre Noorde agter die Soutpansberg, die land van kremetarte en min water, klink die stem van Piet Mavhetha wat met patos en humor die storie vertel van sy lewe en die van sy mense en sy gemeente op Folovhodwe.

So lig is sy aanslag dat die leser eers gaandeweg begin raak sien die storie vertel van oer-Afrika waar die waarde van ‘n vrou en die van ‘n bok soms op dieselfde vlak lê, en waar daar nie helde is nie omdat die herdiese in oorlewing lê. So outentiek is hierdie stem dat die leser kwalik kan glo dat daar ‘n skeppende en herskeppende verteller, anders as Piet Mavhetha, aan die woord is.

Van hierdie verhale sê Rykie van Reenen: “Ek voel my aangeraak deur iets heel, heel kosbaars. Na alles wat daaroor te lese is, is dit ‘n persoonlike ontmoeting met die grootse inklusiewe kosmiese lewensiening van – gee toe, miskien grootliks idieële – oer-Afrika. Om dinge te belewe met pastoor Piet Mavhetha, is om ‘n onomkeerbare verstelling in jou ratkas te ondergaan; jy moet net ‘n ander mens anderkant uitkom as jy een-keer in hart en niere besef het jou manier van na die lewe kyk, is nie die enigste nie, laat staan die enigste regte ene. Daar moet net by jou ‘n verruiming kom. Wat kan jy meer vra, van mens of boek?”

4 in stock

SKU: FIKSIE.216/2/20; FIKSIE.(B)GER.236/1/20 ; FIKSIE.TBT.085/5/23; FIKSIE.CDON.034/16/2/22; Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1996

Sagtebandboek oorgetrek met kleefplastiek, boek nog mooi, x bibboek met stempels en dinge

Bandontwerp en kaart deur Helena Scholtz