Description
Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe eerste druk 2022
Sagtebandboek met ellermooiste voorbladskets deur Christel Read
R260.00
’n Siektetoestand is soos ’n klippie wat in ’n dam gegooi word, met rimpels wat veel wyer uitkring as waar die klippie geland het. In Son en suurlemoene praat Frances le Roux openhartig oor die onverwagse en uitdagende reis waarop die diagnose van borskanker haar geneem het. Die boek is egter veel meer as bloot ‘n vertelling oor die herstelpad wat sy moes loop. Dit is ‘n inspirerende verhaal waarin Frances haar ervaring as fisioterapeut en haar sonderlinge kennis van die invloed van musiek en kuns op haar genesingsproses met lesers deel. Son en suurlemoene spreek tot elkeen wat sin moet maak van ’n vreemde leefwereld waarin hulle skielik gedompel is.
Dr. Frances le Roux is ’n skrywer, navorser en afgetrede fisioterapeut. Sy het in 2005 haar Ph.D. ontvang vir Die effek van musiek op die immuunsisteem, emosies en longfunksies gedurende fisioterapie. Sy het al verskeie wetenskaplike artikels op internasionale vlak gepubliseer en is ook lid van die redaksie van die Internasionale Musiek-en-Medisynevereniging. Sy het al verskeie artikels in die tydskrif Natural Medicine gepubliseer. Besoek www.fhleroux.co.za vir meer inligting.
1 in stock
Turksvy Publikasies
Eerste uitgawe eerste druk 2022
Sagtebandboek met ellermooiste voorbladskets deur Christel Read