Sonde met die boere / A.F. Kriel

R180.00

‘n Landbouvoorligter het nie ‘n maklike taak nie. Hy moet ‘n boer kan oortuig om sy gesindheid of ‘n praktyk te verander. Dit moethy doen deur reguit te praat sonder om aanstoot te gee.

In Sonde met die boere spreek ‘n ervare voorligter die gesindhede aan van boere in die algemeen. Wanneer hy reguit praat, doen hy dit sonder om voorskrifte te gee en op ‘n manier wat getuig van ‘n skerp insig in, en begrip vir die boer en sy probleme.

So word die boer gemaan om sy tyd en geleenthede beter te benut. Veral dié met harde en vereelte hande wat nie besef die pen is magtiger as die graaf  is, want “die boer wie se verstand werk, se liggaam kan maar rus.”

Hy vra onder meer dat boere hul kennis met ander moet deel. Hulle moet ook meer waag en waak teen die groef van selftevredenheid  met bestaande en verouderde praktyke.

Dit is tydlose raad en nie net vir boere nie. Met sy nugtere, amper aardse beskouing beklemtoon Alex Kriel opnuut dat daar belangrike lewensbeginsels is waarsonder niemand kan klaarkom nie.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.KIN.003/6/22 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1986

Hardebandboek met mooi vrolike gekleurde buiteblad