Speel dit weer: ‘n novelle /Rupert, Rona

R100.00

Hy hoor haar die deur oopmaak en uitklim, en toe sy langs hom is, dwing hy homself om na haar te kyk.

Sy is ‘n halwe kop langer as hy en mooier as enige meisie wat hy nog ooit gesien het. Toe sy glimlag, twyfel hy weer. Dalk is hy verkeerd, dalk is sy nie regtig blind nie. Wat is daar om so oor te glimlag as nie nie kan sien nie?

Byron kan Wahida Majiet se vrolikheid nie verstaan nie, want sy mense lag maar min – sy ma in die Kaap, sy pa en ouma en Frank-hulle op Blombos, naby Saldanha.

En Wahida met haar helderblou oë sê ook sommer sy nie sien nie – asof dit niks is nie! Skielik wil hy vir haar op sy saxofoon speel – die ding wat hy liewe het as enigiets in die wêreld. Nou hoef die musiek hom  nie te troos soos gewoonlik nie…

Speel dit weer is een van Rona Rupert, bekroonde kinder- en jeugboekskrywer van Stellenbosch, se treffendse boeke. Dié novelle, opgedra aan “Net vir wie van liefkry weet” , vertel van ‘n angs  wat die twaalfjarige Byron met ‘n pekelsmaak slaan, van ‘n gevoel wat hom soos ‘n pelikaan wil laat vlieg en op sy saxofoon wil laat speel totdat Wahida met haar ore tot in sy hart kan sien. Dit vertel van sy roekelose plan, en sy skielike moed om sy eie droom te volg…

3 in stock

SKU: JEUG.WAV.001/8/20 ; JEUG.CDON.194/12/21 ; JEUG.MEJ.001/10/24 Category:

Description

Tafelberg

Tweede druk 1992

Sagteband met mooi voorblad

Omslagtekening deur Brigitte Schroder