Sy kom met die sekelmaan / Hettie Smit

R60.00

…Met Maria Theron doen ‘die individu’… sy intrede in ons roman. Hierdie uiters verwikkelde en bewuste, maar tegelykertyd so primêr funksionering vrou is nie meer, soos die mens tot nog toe in ons kuns was, ‘n uit die daaglikse ervaring tot ware menslikheid gegroeide tipe in die skerp geopserveerde werklikheid van sy milieu nie, sy is ‘n in individualistiese ‘karakter’, geskape deur die diep skouende verbeelding van die skryfster. Sefls al sou hierdie werk ‘n outentieke dagboek wees, dan sou dit hieraan niks af of tot doen nie, dan het ons hierdie verbeeldingryke vertolking van haar sielservaringe deur ‘n vrou wat kunstenares is – juis die siening van haar self is dan haar skepping…

Dit is nie om die roman se ‘droef-verre snikwoordjies’ dat hy onthou sal word nie, maar om die vonkspatsels, hamerslae en haelkorrels wat i ndie Afrikaanse prosa iets oopgemaak het.” – André P. Brink – 1973.

Out of stock

SKU: FIKSIE.KAR.020.05/17 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste sagtebanduitgawe 1984

Toestand: Sagteband met pers voorblad in goeie toestand, naam en boodskap van vorige eienaar voorin geskryf.