Tahiti verre land / Ena Murray

R80.00

Weda Henkel kry die kans van ‘n leeftyd toe sy as private verpleegster van Eugenie Levaux op ‘n bootreis na Tahiti vertrek. Eugenie en haar moeder, Madam Levaux, is op pad van Frankryk terug na hulle tuiste op Tahiti waar die hooghartige Madame hoop om haar dogter te verbind  aan Louis de Bougainville, skatryk en die invloedrykste man op die Suidsee-eiland. Reeds tydens die bootreis, word dit Weda duidelik dat Eugenie nie juis uitsien na haar verblyf op die idilliesie eiland nie en nog minder na haar verbintenis met die wonderlike Louis de Bougainville wie se lof haar moeder tydig en ontydig besing.

Toe Eugenie op ‘n keer ‘n geweldige rugpyn ontwikkel, word Weda verplig om die hulp van die skeepsdokter in te roep. Sy was egter nie voorbereid op die reaksie wat die ontmoeting tussen Eugenie en dr Franz Leucas uitlok nie. Eugenie weier beslis dat die jong dokter aan haar raak en toe Weda die dokter later op die dke raaklopo,  maak hy geen geheim van sy afkeur jeens die bedorwe rykmansdogter nie. Dit is egter vir Weda duidelik dat hierdie twee mekaar intiem moes geken het en toe die stywe Madame amper ontplof toe sy verneem dat Franz Leucas self ook onderweg is na Tahiti om hom daar te vestig, besef Weda dat daar erens ‘n groot skroef los is in die twee jongmense se verhouding…

Out of stock

SKU: FIK.FRI.269/2012 Category:

Description

Uitgegee deur President-Uitgewers

1976

Hareband met mooi stofomslag, boek in puik toestand, skeur op omslag herstel

Stempel van vorige boekwinkel voorin