Description
Vaandel-Uitgewers
Eerste druk Junie 1997
Sagteband met mooi skets op voorblad en byskrif by dit: Die spoorlyn tussen Luderitzbaar en Prieska waarvan Siener van Rensburg gepraat het.
R100.00
Teen die hele wêreld vry … is die laaste deel van Francois Richter se trilogie, wat insluit Wee die land van vlerk gegons en Vlug vir die strafgerig. Hierin word niet net die verraaiers in eie geledere uitgewes nie ,m aar aan die hand van die Bybel, asook sekere gesigte van Siener van Rensburg en ander, gee die skrywer aan ons ‘n vooruitskouing van die tragiese lot wat op die verraaiers en hulle meelopers wag. Teen die hele wêreld vry… is seer seker die mees onthullende en skokkendste boek wat nog uit Richter se pen verskyn het. Dis ‘n ontstellende en genadelose blootlegging van versteekte agendas, verneukery en bedrog soos hierdie volk nog nooit geken het nie. Dit vertel onder meer van verraad, skandalige misleiding en uiteindelik broedermoord – alles ter wille van eie gewin.
Maar Teen die hele wêreld vry… gee ook ‘n profetiese blik op die toekoms wanneer hierdie verslae en vertrapte volk weer uit die puinhope van die verlede gaan opstaan,om eers die duiwel se hand wat hy op 27 April 1994 geneem het, af te kap, dan sy God aan te roep en daarna almal wat nie die reguit pad wil loop nie, dood te trap. En oplaas (deur die oë van die profeet Nicolaas) kry die Boervolk ‘n vlietende gesig van daardie volmaakte republiek wat hule volmaakte God aan hulle belowe het – ‘n republiek sonder ‘n pennie landskuld. Nicolaas het verder ook geprofeteer hoedat sy volk daar by Grootrivier (die Oranje) hulle eerste President sal kies, om daarna algehele vryheid en ongekende vrede en voorspoed te geniet…
Out of stock
Vaandel-Uitgewers
Eerste druk Junie 1997
Sagteband met mooi skets op voorblad en byskrif by dit: Die spoorlyn tussen Luderitzbaar en Prieska waarvan Siener van Rensburg gepraat het.