Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1997
Sagteband met mooiste voorblad, boek met effense verweer op hoeke, Tip-Ex op voorste binneblad, vlekke op onderkant van blaaie
Illustrasies deur bekende Cora Coetzee
R80.00
Kinderjare op Nauhoho.
Niks gaan ooit verby nie – so het Pa-Kote vir Hannie gesê toe hulle op ‘n dag weer een van haar en Lenie en Sussa se geliefde speelplekke op Nauhoho opsoek: ‘n swemkuil waar ‘n hamerkopnes lank gelede op ‘n blink wit rots teen ‘n wildevy geleun het. Al sien ons dit nie meer nie, het Pa-Kotie vir Hannie getroos, die nes sal altyd daar staan, die wyfie in die nes en jou hamerkop in die boom – en die drie dogtertjies wat daar speel.
Met Tien blou krale en drie lemoene word Pa-Kotie se woorde waar: Die leser raak intens betrokke by die karakters in Hannie Maritz se vertellings oor haar kinderjare op Nauhoho, in die destydse Suid-Rhodesië. ‘n Wêreld vol son en bruisende water wat oor dwalas stroom, ‘n eenvoudige bestaan in harmonie met die natuur, ouwêreldse waardes en humor, spontane, vreugdevolle kinderspel waardeur selfs die wonde van die doodsengel geheel is. Die mense in hierdie Nauhoho-verhale sal voorleef in die hart van elke leser – kind en grootmens. Dis by uitstek ‘n boek om saam te lees en te geniet in ‘n gesin.
1 in stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1997
Sagteband met mooiste voorblad, boek met effense verweer op hoeke, Tip-Ex op voorste binneblad, vlekke op onderkant van blaaie
Illustrasies deur bekende Cora Coetzee