Trekspoor in die wildernis / John Coetzee

R80.00

Kobus klem die leeuvelskede wat sy vriend gemaak het, styf vas. Voor hy dit vir Dawid gee, gaan hy eers vir oulaas probeer of hulle hom nie wil saamneem op die trek die wildernis in nie.

Maar die antwoord is weer nee. Die wa is reeds oorvol, en dit is buitendien te gevaarlik.

Kobus help om die span osse aan die gang te kry en terwyl die skifwolkies in die ooste ligpienk word, staan hy en kyk hoe die wa al kleiner word langs die somber massa van die Soutpansberg waar die skaduwees van die nag nog draal

Magteloos draai hy om huis toe. Nou moet hy maar weer tot vervelens toe sit en leerartikels maak. Wat anders bly daar vir hom oor hier op Schoemansdal, noudat Dawid-hulle nie meer hier is nie? Behalwe natuurlik Nella, met haar sagte oë en mooi glimlag…

Min het Kobus kon dink watter avonture vir hom voorlê…

John Coetzee is ‘n jeugboekskryfwer van formaat en het agtien jeugverhale die lig laat sien waarvan 14 in Afrikaans is. Agt hiervan handel oor die wedervaringe van die gewilde karakter Buks, in Engels bekend as Flint.

Out of stock

SKU: JEUG.CDON/004/15/8/22 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe eerste druk 1989

Sagteband in puik toestand met baie mooi voorblad