Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2009
Sagtebandboek in netjiese toestand, handtekening van skrywer en boodskap aan ‘n vorige eienaar
R75.00
‘n Stuk rots, tien kilomenter in deursnee, tref die aarde teen veertigduisend kilometer per uur. ‘n Paar jaar lank hang die wolk van klip en puin nog in die atmosfeer. Die grootste brand tot nog toe.
Maar dit was nie die laaste brand in die Vredefortkoepel nie. Tweemiljard jaar later staan Sybrand Venter verslae na die gevolge van hulle nalatigheid en kyk. Hulle wou net rook, hulle het gedink die vuur in die kort gras is dood…
Die krater was altyd soos ‘n nes wat die Koepelaars teen die wrede wereld daarbuite beskerm. Totdat die dood onverwags soos ‘n meteoriet in die lewe van die Venters, die Spogters en die Nels inplof.
1 in stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2009
Sagtebandboek in netjiese toestand, handtekening van skrywer en boodskap aan ‘n vorige eienaar