Description
Uitgegee deur Voortrekker-Boekklub
1975
Hardeband met mooi gekleurde stofomslag, boek in puik en stewige toestand
Slegs twee rooipen kruisies getrek op titelbladsye voor
R50.00
Heidi klim oor die slapende Gustav tot sy agter die stuur sit. Hy roer nie. Met bewende hande sukakel sy die motor aan. Hy het haar die vorige dag ‘n les in die bestuur van ‘n motor gegee. sy sal darem terug kan bestuur. Eers gaan dit stadig en onseker, maar allengs begin sy weer moet kry. Maar dan begin die reen weer uitsak. Voor haar skitter die ligte van ‘n aankomende motor. Agter haar weerkaats die ligte van nog ‘n voertuig. Die voorste motor swiep by haar verby en toe is die voertuis van agter kort op haar hakke. Sy verblindende ligte in die spieëltjie laat haar knipoog deur die vaal reën.
Met ‘n oorverdowende lawaai swiep die tamaai vragwa by haar verby en dit voel vir haar of hy teen hulle gaan aanskuur. Verskrik ruk sy die stuur na links. Die vragwa se ligte het haar heeltemal verblind. Sy bestuur omtrent op gevoel. Toe hoor sy ‘n knetterende geluid en in plaas van die rem te trap, trap sy per abuis die petrolpedaal. Die motor skiet vorentoe…
1 in stock
Uitgegee deur Voortrekker-Boekklub
1975
Hardeband met mooi gekleurde stofomslag, boek in puik en stewige toestand
Slegs twee rooipen kruisies getrek op titelbladsye voor