Vir ‘n lewe /Van der Merwe, Peet

R120.00

Is hierdie debuutwerk van Peet van der Merwe ‘n bundel kortverhale en kort-kortverhale of is dit dalk ‘n nuwe soort novelle? Want hoe verder ‘n mens lees, hoe duideliker word dit dat die, op die oog af, losstaande verhale ‘n eenheid uitmaak, dat elkeen op subtiele wyse in die legkaart inpas en saam één verhaal word.

Die skrywer slaag daarin om met enkele grepe en flitse die lewe van sy hooffiguur te teken – van sy vroegste kinderdae af totdat hyself ‘n getroud man met kinders is. En hy doen dit met ‘n verrassende subtiliteit en ‘n vermoë om deur middel van ‘n slotwending ‘n verhaal te laai met betekenis.

Met mind woorde en suggestie kry hy dit reg om die tragiek en die skoonheid van veral die kind-wees te teken.

1 in stock

SKU: KOR.KLE.001/12/22 Category:

Description

Perskor-Uitgewery

Eerste uitgawe eerste druk 1974

Hardebandboek met mooi miroen omslag, stempel voorin boek, rugkant effens nerf-af.