Vlam /Gilroy, Sidney

R200.00

Hy was niks minder of meer as ek nie.
Bang. Siek. Verlore. Nietige mens.
‘n Flikkerende vuurhoutjie teen die duisternis.

Speursersant Sollie Mthembu se huwelik lê aan skerwe. Nyandi het die kinders gevat en is sak en pak terug Lesotho toe. Terwyl hy in
‘n Bloemfonteinse gastehuis lê en tob oor waarom Nyandi hom sou wantrou, brand ‘n kunsgalery op Parys tot op die grond af. Die wêreld-beroemde kunstenaar Aretha Hattingh se oeuvre – en tuiste – nou’n hoop as. En in die middel van die ruine: die oorskot van ‘n vrou, vermoedelik dié van Aretha.
In Parys ontmoet Sollie ‘n handvol verdagtes: ‘n kunsagent, ‘n prokureur, ‘n slagter, ‘n bouer en ‘n koerier. Voeg hierby ‘n venynige aanneemkind, ‘n jaloerse, skatryk eksman, die dorp se sprankelvrou én ‘n stasiebevelvoerder wat die septer na haar eie reëls en tyd swaai, en jy het die wenresep vir ‘n intrige gevul met hoogdrama.
Is dit moord?    Selfdood?     Of bloot ‘n fratsongeluk?

1 in stock

SKU: FIKSIE.CVR.019/10/24 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2022

Sagtebandboek in puik toestand, titel blad geteken deur skrywer met nota aan vorige eienaar