Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste sagtebanduitgawe 1990
Sagtebandboek in puik toestand, blaaie is dog vergeel
R100.00
Nuus van ‘n krater in die Namib waar diamante sommer vir die optel rondlê, ‘n kaart wat aandui hoe om daar te kom, ‘n Land-Rover, kos en brandstof genoeg en ‘n gids om met hulle saam te gaan – dis die geluk wat Marius, Pieter en Werner getref het. Tot by Sossusvlei gaan alles voor die wind, maar toe die Land-Rover net daarna die gees gee, kos dit die avonturiers voetslaan oor die hoogste sandduine in die wêreld, en asof die dors en die sand en die kokende son nie genoeg is nie, moet hulle ook agterkom dat hulle nie al mense is wat na die ryk skat op pad is nie…
Teen die agtergrond van die onherbergsame Namibwoestyn, bied Vlam in die Namib al die spanning en drama van ‘n opwindende skattejag.
2 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste sagtebanduitgawe 1990
Sagtebandboek in puik toestand, blaaie is dog vergeel