Vlam / Mikro

R80.00

‘n Tweede vryheidsoorlog verhaal.

Vlam was uit die staanspoor uit ‘n merkwaardige dier. Die pragtige vosvul het vroeg al tekens van rebelse eiesinnigheid getoon, maar ook van verstommende, byna menslike skranderheid.

Vlam was die liefling-perd van Adriana, die opgeskote dogter van ‘n Kolonialerboer. Tussen die twee het ‘n gehegtheid ontwikkel soos selde tussen mens en dier gesien word. Toe breek die Anglo-Boere-oorlog uit. Daar moes afskeid kom. Vlam het die rydier en strydmakker geword van Adriana se ouer broer Gert. En toe het die legende begin — die legende van ‘n perd wat eerlang onder bygelowige Tommies die bynaam van spookperd gekry het; ‘n krygsdier wat oënskynlik oral tegelyk was en nêrens vasgekeer kon word nie; ‘n stom dier wat kommando’s teen die vyand gewaarsku het, wat ‘n fyner verkenner as sy baas self was. Ook nadat ‘n ramp hom getref het, het Viarn nog hooftukke by sy legende gelas … – Springbokboeke

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.007/15/2/18 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste uitgawe 1970

Toestand: Hardeband sonder stofomslag boek in puik en netjies ongebruikte toestand, alhoewel buitblad en veral die rugkant verseker blootgestel was aan son – verbleik.