Description
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 2004
Toestand: Hardeband met mooi en netjiese stofomslag GETEKEN DEUR BRINK
R350.00
Chris Minnaar is ’n 78-jarige skrywer wat op sy oudag vir die soveelste keer verlief raak. Maar Rachelle is getroud, en deur haar raak Chris ook betrek in ’n vriendskap met haar man, ’n fotograaf. Dit is ’n baie intense driehoekige verhouding, wat hom daartoe bring om sy hele lang lewe in oënskou te neem, deur die lens van al die vroue by wie hy ooit betrokke was en wat elkeen op die een of ander manier ’n sleuteloomblik in die Suid-Afrikaanse geskiedenis van die 20ste eeu verteenwoordig. Hulle wissel vanaf sy ma (nou 103 jaar oud) tot die verleidelike Driekie wat hy as dertienjarige seun in ’n vyeboom leer ken het, vanaf die besete danseres Daphne tot die yskoningin Isolde … Party van hierdie liefdes is uitbundig, ander volkome kuis. Party het nooit eens gebeur nie, want vir ’n skrywer is die lewe van die verbeelding ewe belangrik as dié in die werklikheid.
Uiteindelik is hierdie roman ’n besinning oor man-en-vrou, en oor die liefde. Chris se aantekeninge word ’n hulde aan almal wat daartoe bygedra het om hom mens te maak, maar ook ’n oorwoë erkenning van dood en verganklikheid, in die wete dat die liefde onsterflik is maar die liggaam sterflik. Hierdie roman is vintage Brink. Vir lesers wat baie gehou het van romans soos Donkermaan en Kennis van die aand.
Out of stock
Uitgewer: Human & Rousseau
Datum: Eerste uitgawe 2004
Toestand: Hardeband met mooi en netjiese stofomslag GETEKEN DEUR BRINK