Die blou vuur / Empie Maritz

R100.00

Skielik besef Celeste  dat Franscesco, die onverskrokke jong stiervegter, se lewe … stiergevegte is. Hy sal nooit trou nie want daar is nie plek vir vrou en kinders in sy lewe nie.

Vir haar is die wete ‘n bevryding. Toe sy opkyk, is dit in Mauritz se ondersoekende blik. Sy glimlag stadig en hy glimlag terug. woord is nie nodig om die boodskap in hulle oë te vertolk nie…

Celeste… die nooientjie wie se geboorte, sonder dat sy dit weet onder ‘n vraagteken staan. Is sy die dogter van Juana, die vrou wat eens heel Seville aan haar voete gehad het as danseres en wat nou weet ‘n triomfantelike terugkeer beleef het? En wat is haar verbintenis met Annemari, die dogter van Hendrik en Bessie Wahl van Suid-Afrika, met wie sy ‘n identiese gelykenis het?

Die uiteinde van hierdie spannende verhaal van ‘n eksotiese Spaanse danseres en van jongmense teen die agtergrond van die fraai ou stede van die Suiderlande is ‘n pakkende en verrassend klimaks.

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.PAW.001/5/18 Category:

Description

Uitgewer: Voortrekkerpers

Datum: 1971

Toestand: Hardeband in netjiese toestand, omslag het verweer en is met sellotape geplak, naam van vorige eienaar voorin en blaaie vergeel