Vroue /Uys, Sannie

R160.00

Sannie Uys se eerste bundel kortverhale is Vroue, wat onder andere die bekende kortverhale Die nagtegaal sing en Michiel Oberholster bevat. Beide kortverhale word later in Engels vertaal en verwerf bekendheid in hierdie taal. Die nagtegaal sing word opgeneem in ’n bloemlesing bevattende kortverhale uit Suid-Afrika, Indië, Australië en Duitsland en verskyn ook in ’n Tsjeggiese bloemlesing in Praag. Later gee hierdie kortverhaal ook die titel vir haar bundel Engelse kortverhale. Michiel Oberholster word opgeneem in die Engelse versamelbundel Stories South African. Noemenswaardig is verder die geslaagde verbinding van werklikheid en sprokie in Alice in Wonderland, die kontras tussen die twee vroue in Die twee vriendinne en die outokratiese vader in Die vader. Haar seun Uys Krige baseer sy drama Die twee lampe deels op laasgenoemde kortverhaal.

Hoofstuk inhoud:
Beatrix
“Alice in Wonderland”
Miriam
My buurvrou
Christine
Die twee vriendinne
Michiel Oberholster
Die nagtegaal sing

 

 

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.BOE.008/11/24 Category:

Description

Unie-Volkpers

1948

Hardeband sonder omslag met klein vlek op voorblad en motvreetmerke op titelbladsy se punt bo  verder is boek soos nuut ten spyte van sy ouderdom