Waar is al die moeders heen / Esme Mittner

R80.00

Waar is al die moeders heen? Iewers tussen die swembaddens en die grassnyers van die voorstede het hulle weggeraak. In die middel van die elkeen van daardie zoemende huishoudings staan daar nog steeds ‘n huisvrou wat vinniger moet zoem as die res, net om te kan voorbly. Maar sy is nie meer ‘n moeder nie – sy is ommer net ‘n ‘ag-ma’…

Niemand sal glo wat alles met ‘n ‘ag-ma’ kan gebeur in die loop van ‘n gewone dag nie. Esme Mittner weet, en sy skryf daaroor met luim en meegevoel. Al die koddighede van die voorstadslewe kom verby in hierdie versameling sketse, waarvoor Cora Coetzee ‘n pikante tekeninge gemaak het.

Esme Mittner en Cora Coetzee is buurvroue, iewers in die voorstede

Alhoewel ek hierdie boek in die FIKSIE afdeling geplaas, is die sketse waaroor Esme Mittner hier skryf alles behalwe fiksie in die lewe van enige huisvrou. Al die geselsery is ‘n universele werklikheid in meeste huisvrouens se lewens – en wel in ‘n meerdere en mindere mate…

1 in stock

SKU: FIKSIE.FOR.006/2/8/22; FIKSIE.(B)BIK.065/8/20 Category:

Description

Uitgewers: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe eerste druk 1983

Toestand: Hardeband met mooi glansvoorblad, prysuitdelingplakker voorin boek ingeplak

Illustrasies: Deur Cora Coetzee