Vesting van onheil /Le Roux, De Wet

R100.00

In die verlate Leeukloof, op die plaas Skemerdal, het die son reeds gesak. Die negejarige Stella Willemse tuur by die venster uit. Verbeel sy haar, of sien sy ‘n groot bleskopman vanuit die donker niet verskyn?

Vinnig maak haar ma die bodeur toe, maar die gestalte beweeg al nader. Die deurknop gloe in Joan se hande, slaan aan die brand. Sy probeer die vuur blus, maar dit is Stella wat tot haar redding kom.

Asof in ‘n droom, smoor die kind die vlamme met haar kaal handjies. En die gestalte versink in die skemer…

Out of stock

SKU: FIKSIE.Riller.ULU.005/11/20 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe 1996

Sagtebandboek in mooi toestand.

Mooi voorblad illustrasie deur Rassie  Erasmus