Description
Uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy
Eerste uitgawe, derde druk 1994
Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad in puik toestand
Buiteblad ontwerp deur Christelike Uitgewersmaatskappy
R45
R80.00
Hierdie boek bestaan uit 22 kort sketse van 2-3 bladsye lank – om vinnig te kan lees…
Uiteindelik ken ons die kwellings van die ware vrou: Hoekom is my heupe so volstruiserig? Hoekom is ons ou volkie so pruimerig? Hoekom bly die boewe so diep in hul groewe? Hierdie boek is ‘n peuselboek, ‘n tong-in-die-kies-boek vir die voete-op-die-aarde-vrou van vandag. Dis ‘n boek vir vroue wat lief is vir hul mans (maar wat nie meer aan romantiese floutes glo nie). Dis ‘n boek vir vroue wat hul menswaardigheid nie langer aan die omtrek van hul heupe meet nie (maar wat die stokkiesbeenspoke tog maar oral bly raaksien). Dis ‘n boek vir vroue met wense, sukkeltye, losieshuisharte, naasteliefde, ‘n streep stoutigheid in die bloed, kinders wat gesien én gehoor word, vaderlandsliefde en die begeerte om sommer net te weet: daar is duisende vroue wat dieselfde dinge as ek deurmaak…
1 in stock
Uitgegee deur Christelike Uitgewersmaatskappy
Eerste uitgawe, derde druk 1994
Hardeband met mooi gekleurde glansvoorblad in puik toestand
Buiteblad ontwerp deur Christelike Uitgewersmaatskappy
R45