Description
Tafelberg
Eerste uitgawe eerste druk 1992
Sagtebandboek met mooi gekleurde voorblad, boekblaaie is vergeel maar boek is in puik en skoon toestand
R110.00
Jannetjie is die jongste van die ses Du Pont-kinders wat in die twintigjare op Kroonplaas in die Oos-Kaap grootgemaak word deur hul stoisynse weduwee-ma.
Maar sy is ook die alleenste, en sy moet boonop sonder ma Hanna se liefde klaarkom. Wat op haar geboortedag is haar ma se “Rosebud” dood, haar dogtertjie Battie wat sy liewer gehad het as vir Jannetjie.
Hoe haar ma nog oor haar “engelkind” treur, hoor Jannetjie as sy die grootmense se gesels vanuit haar wegkruiphoekie onder die trap afluister…
Die bergagtige Kroonplaas is ‘n geheimsinnige, beboste plek, bevolk met Jannetjie se kamma-mense. Vir Jannetjie die mooiste plek op aarde, al is dit volgens oom Adriaan die gatkant van die wêreld. En dis hierdie skoonheid wat haar later aanspoor om te teken en te skryf.
Dis ook teen hierdie agtergrond dat Jannetjie haar grootword-ontdekkings maak. Geleidelik word sy “Adri” wat deur haar ervarings met mense rondom haar leer van die “voos plek” wat elke mens in hom omdra…
In Vonkelwyn en wurgpatats word daar onsentimenteel maar met deernis na mense gekyk. Dit is ‘n betowerende verhaal: ‘n familiesage wat ‘ verbygegane era terugroep, fyn sosiale kommentaar lewer, en bruis van kinderlike verwondering en lewensvreugde.
Out of stock
Tafelberg
Eerste uitgawe eerste druk 1992
Sagtebandboek met mooi gekleurde voorblad, boekblaaie is vergeel maar boek is in puik en skoon toestand