Towerkop /van Tonder, Morkel

R150.00

“Towerkop” is ’n avontuurverhaal vir tieners oor ’n bergklimekspedisie teen die bekende spits by Ladismith in die Swartbergreeks.

As Fanie oor die smal lysie moet skuifel, kan hy skielik nie verder nie. Die donkerte trek hom aan, hy gaan val! En as Dries die los klip raaktrap, kan Spyker nie gou genoeg sy kop ui die pad ruk nie. Maar terwyl die bloed oor sy oog stroom, moet hy klim want staanplek is daar nerens nie. hand vir hand, voetjie-vir-voetjie gaan dit teen die steil rotswand uit. Toe kom die wolke en die mis en die wind.

Towerkop is meer as ‘n spannende bergklimverhaal wat uithouvermoë en senuwees toets. Saam met Marius en sy maters leer ken jy ook jouself…

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.010/23/5/22 Category:

Description

Tafelberg uitgewers

Eerste uitgawe 1978

Hardebandboek in puik toestand

Ander boeke deur hierdie skrywer:

Die koningsbok
Sonop oor Blinkkrans
Die sneeu bly altyd wit
Halfkrone op die oë