Geleende vere / R. Bosch

R80.00

Hierdie skoolvakansie gaan ons baie geld verdien, besluit twee broers Gertjie en Doors. Hulle woon mos nie verniet op ‘n volstruisplaas nie. Nou ja, as Solly Levin op die dorp gewillig is om vere by hulle te koop sonder om lastige vrae te vra… dan gaan hulle geld maak.

Maar waarom is Doors so vreeslik ernstig omtrent die hele besigheid?, wonder Gertjie. Miskien het hy een of ander geheimsinnige plan. En vir wat bloos en stotter hy alewig wanneer hulle vir Mollie, wat op die buurplaas woor, iewers teëkom. Is dit dalk omdat Doors nou begin baard kry dat hy so eienaardig optree? Om vere van ‘n volstruis te “leen” is egter nie so maklik nie. Vasgekeer in ‘n boom, met ‘n woedende volstruismannetjie wat pik-pik na hul voete, begin Gertjie en Doors twyfel oor die wysheid van hul plan. Geleende vere is ‘n humoristiese jeugverhaal. Dit beeld ook die probleme en frustrasies van twee seuns, op die drumpel van die grootmenswêreld uitstekend uit.

1 in stock

SKU: JEUG.ALG.101/3/24 Category: Tag:

Description

Perskor

Eerste uitgawe eerste druk 1986

Hardebandboek met groen omslag met ‘n skets van ‘n seun op ‘n voltruis, effense skaafmerke op die omslag, maar boek is binne soos nuut