Dirk se hond, Bello deur Meindert de Jong

R90.00

Dirk se hond, Bello is die verhaal van ‘n arm Frieslandse visserseun wat ‘n hond van ‘n gestrande skip help red. Later kry hy hierdie hond van die skeepskaptein present en noem hom Bello. Bello is egter so ‘n groot dier dat Dirk dit nie kan bekostig om hom kos te gee nie, want Dirk se moeder is ‘n weduwee en kan beswaarlik haar kinders onderhou uit die inkomste van haar naaldwerk. Dirk stel baie planne op die proef om kos vir Bello te verdien, maar as sy moeder se oë begin ingee, verkoop hy uiteindelik vir Bello as karhond. Die nuwe eienaar is ‘n porseleinhandelaar, ‘n gevoellose man, wat die troue dier mishandel. Hoewel Dirk nou gee reg meer op Bello het nie, kan hy tog nie van die hond wegbly nie en die hele dorpie Weriom word betriek in die verwikkelinge wat volg…

Out of stock

Description

Uitgegee deur John Malherbe Edms Bpk

Derde druk 1978

Vertaal deur A. Crofford

Hardeband met pienk stofomslag

R90

Meidert de Jong is gebore in die dorpie Wierm Friesland in Nederland. Hy het in 1954 die Newbery-medalje en in 1962 die internasionale Hans Christian Anderson-prys vir kinderlektuur gewen.