Joha van Dyk, jeugskrywer van formaat sterf op 27 jarige ouderdom…

Van die eerste keer wat ek van Joha van Dyk op Sosiale Media raakgesien het, het ek besef hier het ons te doen met ‘n jongmens wat dinge met oorgawe doen en voluit op ‘n drafstap leef!  Maar op 27 is Joha van Dyk vroeër die week oorlede. ‘n Sprankelende jongmens in die fleur van haar lewe. ‘n Boorling uit Namakwaland. Wat ‘n groot verlies vir die skrywerswêreld!

Ek kan, soos ‘n klomp ander mense, nie hierdie gebeurtenis uit my gestel kry nie. Wat as dit my kind was? Hoe moet die arme ma en pa en familie hierdeur kom, as ek sukkel om hieroor te kom…

Duidelik was Joha hoogs intelligent en vaardig met haar pen. Om drie sulke dik boeke te skryf en dan nog besig was met ‘n Tesis in Engels, maak van haar onmiddellik ‘n bogemiddelde jongmens met ongelooflike talent.

Sy was, soos mense in die skrywerswêreld ‘n rukkie gelede bespiegel het, waarskynlik een van die jongste, indien nie dié jongste jeugskrywer gewees nie. Uit haar pen het die boeke ‘Branderjaer‘, ‘Vuurvreter‘ en ‘Kanniedood‘ gevloei. Ek het ook verluister na Joha se gesprek op Skrywers en boeke waar Joha uitgevra word oor hoe sy die titels van die boeke en haar karakters gekies het en uitgedink het. Absoluut briljant beplan en

Ironies voel dit nou of die titels van haar boeke, haar persona soos ‘n handskoen gepas het. Sy het nie alleen die karakters uitgedink nie, maar hiermee haarself (dalk onbewustelik) beskryf het al was sy ‘n semi-introvert. Op die manier kon sy voluit leef!

Naas Barrie Hough se dood in 2004,  waaroor ek jare gelede in my eerste Kakkerlak tydskrif geskryf het, voel ek nou weer so ontsteld soos toe Barrie oorlede is.  Dit is net ‘n normale ding dat veral ‘n uitstaande jongmens so vroeg sterf – dat dit die land aan flarde ruk, want sy is nog so jonk gewees.

Mens het nie woorde om julle te vertroos nie. Mag die Here julle vertroos.

Leave a Reply