1 Recce: Die nag behoort aan ons /Strachan, Alexander

R260.00

“Elke AK47 is nou roerloos op die man gerig wat aangestap kom. Adrenalien jaag deur die operateurs se are. Hulle hou asem op terwyl hul harte hard in hul ore klop.”

1 Recce. Een van die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenhede in die Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne – superfiks en bomenslik taai – het vir niks gestuit nie.
Hulle het telkens hul lewe op die spel geplaas in geheime operasies, wat meestal in die nag, ver agter vyandelike linies uitgevoer is.
Dekades lank is oor dié geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recces se legendariese bevelvoerders besonderhede oor verskeie polities sensitiewe operasies.
Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self ’n gewese Recce, vertel die volle verhaal van 1 Recce se ontstaan, geskiedenis en rol in die Bosoorlog. Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek ’n binneblik op die Recces en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het

Out of stock

SKU: MIL.BOS.003/1/19; BOS.004/1/19; BOS.005/1/19, BOS.KOB.002/2/11/23 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe eerste druk 2018

Sagtebandboek so goed soos nuut