Anderkant Pontenilo / Irma Joubert

R140.00

Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne uitmekaar. In die Fourie-huishouding is Pa ‘n Hertzogiet wat neutraal wil bly, Oupa ‘n Smuts-man wat tot die oorlog wil toetree en die seuns staan by Malan wat adie oorlog teëstaan. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat elkeen op ‘n unieke manier deur die oorlog beinvloed word.

Dan is daar die beeldhouer Guiseppe Romanelli wat in ‘n klein Italiaanse dorp woon met sy drie seuns. Ook Don Veneto en sy pragtige dogter Gina. Die dorpsmense weet van altyd af dat  Gina Veneto en Antonio Romanelli vir mekaar bestem is. Maar die seuns van die dorp word opgeroep om in Noord-Afrika te gaan veg – ook Antonio.

Wanneer ‘n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se Bosveldplaas ‘n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara en vind in haar ‘n vriendin en geesgenoot…

Anderkant Pontenilo is ‘n eg menslike verhaal wat met insig en begrip uitbeeld dat oorlog almal raak. En dat die brue wat ons bou, soms ‘n opdraand pad aan die anderkant het.

Out of stock

SKU: FIKSIE.MEL.001/9/18 Categories: ,

Description

Uitgegee deur Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe, eerste druk 2009

Sagteband in nuwe druk – naam van vorige eienaars voorin geskryf boek in mooi en stewige toestand