Angel van die vlinder / Van Niekerk, Calvyn

R70.00

Die pistool is in Coert Storm se hand toe hy die deur voor hom oopstamp. Met die element van verrassing aan sy kant, moes hy ‘n halfsekonde later in volle beheer van die  situasie gewees het – maar dit gebeur nie so nie.

Die deur swaai minder as halfpad oop voordat dit op die hobbelrige sementvloer vassteek. Deur die opening, in die skerp lig van ‘n kaal gloeilamp teen die plafon, kan hy net die helfte van die kelder sien. Drankkaste is hoog en netjies teen die mure opmekaar gepak, maar een lê op die vloer en daarop sit Saccard. Hy is in ‘n bondel saamgetrek op die kas, sy knieë onder sy ken en sy hande afwerend voor hom, vreesbevange ineengekrimp soos ‘n muis wat deur ‘n kat vasgekeer is. Sy gesig is besmeer van die bloed en hy brabbel aaneen in historiese Frans.

Toe Coert Storm vir die eerste keer voet aan wal gesit het in Moroni in die Comoro-eilande, het hy ‘n wêreld vol gevaar, geweld en verraad betree. In Die angel van die vlinder vertel Calvyn van Niekerk ‘n aksiebelaaide verhaal wat van die eerste bladsy af boei en die leser meesleur van die een pakkende situasie na die ander…

1 in stock

SKU: FIKSIE.DRE.002/6/24; FIKSIE.JAD.003/2/18 Category:

Description

Uitgewer: Klub 707

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1978

Toestand: Hardeband met baie mooi stofomslag wat lyk soos nuut, bladsye effe vergeel maar moet nog mooi en nuut, die nommer 14 op die binneblaaie met ‘n stensil in ink geskryf – een of ander numeringstelsel.

Stofomslagontwerp: D. Constable