Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk 1964
Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, naam en boodskap voorin geskryf, boek skoon en waarskynlik ongelees Tweede kopie lyk nog goed, potloodaantekeninge oor boek op titelbladsye
R70.00
In Julie 1957, het ek op ‘n dag voor die Kruger-sterfhuis langs die Geneefse meer gestaan en onverhoeds het ek hom ‘n sekonde lank gesien: ‘n mens, ‘n ou man, omgewe met die tergende misterie wat ek altyd in ‘n ou mens aanvoel. Ek het hom op die villa se stoep sien sit en gedink: Hier het die ouderdom die laaste struikelblokke tussen hom en sy God verwyder. Daarna het ek Paul Kruger se spore dwarsdeur ou verrottende Europa gevolg en mettertyd ook diegene wat sy ballingskap met hom gedeel het, leer ken – veral vir Manie Bredell en Nettie Eloff, sy verloofde. Hulle wat moes kies tussen groetruimte vir hul liefde en die bande wat hulle aan ‘n tragiese ou man verbind het.
Die lyfwag is die storie van Kruger se reis soos Bredell dit ervaar het, en is ook die storie van ‘n gewone man – vol teenstrydighede soos wat ‘n gewone mens maar is – wat homself begin sien het as die slagoffer van Kruger se vergange roem.”
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk 1964
Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, naam en boodskap voorin geskryf, boek skoon en waarskynlik ongelees Tweede kopie lyk nog goed, potloodaantekeninge oor boek op titelbladsye