Basjan en Wilhelm en die manne van die kamp /Geldenhuys, Jan

R90.00

Daar is net een Basjan. Dit is die man agter die skerms. Hy is die man in die storie agter die storie; die man agter die groot manne van die verlede; agter die groot manne van die hede; en agter die groot manne van die toekoms.

Daar is net een Wilhelm. Hy is die man agter Basjan. Hy is met die helm gebore. Hy adviseer Basjan; nou nie juis dat Basjan sy raad aanvaar nie, maar almaskie! Met feite uit die binneste kluiste van die argiewe onthul Jan Geldenhuys nou die tweemanskap se aandeel in die avonture van die manne van die Kamp – van Pieter Jacob Marais se ontdekking van goud af tot by Arnold Taylor se geveg teen Romero Anaya, en die avonture van al die manne tussenin: Paul Kruger, Barney Barnato, Abe Bailey, JR Couper, Danie Craven, Wilf Rosenberg, die Prins van Wallis en baie ander.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.001/24/4 Category:

Description

Perskor

Eerste uitgawe eerste druk 1987

Hardeband met mooi stofomslag in skoon en netjiese toestand

Illustrasies en stofomslag: Anthony Dodds