Description
Uitgewer: Perskor Uitgewery
Datum: Tweede uitgawe, eerste druk 1975
Toestand: Hardeband met gekleurde stofomslag in goeie toestand, boek nog mooi en lyk nog nuut
Stofomslag en illustrasies: Rina Coetzee
R140.00
Talana en Paulus was uiters bekommerd toe Brutus, hulle olifantseun, skielik beduiweld begin raak het. Die sirkuslewe was in Paulus en sy ouers se bloed en Talana se voorsate het geen streke gehad wat oorerflike kon wees nie. Maar daar was ou Herculus, Pualus se oupa, die grootste en wildste olifant wat ooit in ‘n sirkustent toertjies moes uitvoer, en boonop het die doltyd vir Brutus beetgepak, soos die puberteitsjare soms vreemde dinge met mensekinders aanvang. En dan was daar nog Cleopatra, die olifantnooi wat ‘n jong olifantbul se hart snaakse strek kon laat uithaal.
Maar die vertonings moes voortgaan en die sirkusbeamptes kon hulle nie deur olifantstreke laat beïnvloed nie. Daar het baie verdriet en kommer vir mamma Talana voorgelê voordat ‘n jong olifantbul sy Cleopatra se hart kon verower…
‘n Verhaal wat op dieselfde hoë peil staan as die skrywer se sonvergeetlike diereverhaal Twee vir ‘n stuiwer.
Out of stock
Uitgewer: Perskor Uitgewery
Datum: Tweede uitgawe, eerste druk 1975
Toestand: Hardeband met gekleurde stofomslag in goeie toestand, boek nog mooi en lyk nog nuut
Stofomslag en illustrasies: Rina Coetzee