Description
Tafelberg
Eerste druk 1972
Hardebandboek met mooi netjiese omslag en inhoud soos nuut, blaaie lig vergeel
Stofomslag deur Helmut Starcke
R80.00
Simon en Alec haat mekaar, maar hulle word gedwing om saam te werk, want hulle moet geld in die hande kry: Simon omdat hy Anna se liefde wil terugkoop; Alec om finaal uit sy armoedige agtergrond te kan uitbreek. Albei is in die greep van Monty Nel, ‘n sluwe nagklubeienaar in Johannesburg wat dwelmmiddels smokkel.
As Nel ‘n gewaagde rooftog in die Kaap beplan, help Simon en Alec hom – met verskriklike gevolge vir die twee.
Kon dit dalk anders verloop het? Is die lewe inderdaad so gemeen soos Alec beweer? Moet ‘n mens voortdurend baklei vir die dinge, soos Simon se ma net voor haar dood gesê het?
In Beentjie an die Tortel word die harde werklikheid agter hierdie vrae op insiggewende wyse uitgebeeld aan die hand van mense wat almal stry vir die dinge wat hulle nodig ht, almal vasgevang in hul eie problematiek. So soek Anna na iemand wat werklik vir haar sal omgee, maar Nic is die enigste man vir wie sy werklik lief kon gehad het. Nic is ‘n geharde joernalis, aantreklik vir vroue – maar hy kan nie werklik liefhê nie. Simon se suster, Maryna, klou aan haar reg om aktrise te bly, en weier om te erken dat sy ongelukkig is. Stephan, van wie sy geskei is, wil weer met haar trou. En Liz verg om Alec te behou, al sal sy hom nooit werklik verstaan nie. Simon en Alec word saam bedrieg, en saam gaan hulle onder. Hulle verloor hul stryd, maar in die ondergang leer hulle medemenslikheid – en vir die leser word dit ‘n aangrypende ervaring. Deur ‘n sterk verskeidenheid karakters en situasies het Roelf van Rensburg in hierdie boek ‘n wêreld geskep wat aangryp om dat dit so eg menslik is, en die Suid-Afrikaanse werklikheid so indringend belig.
1 in stock
Tafelberg
Eerste druk 1972
Hardebandboek met mooi netjiese omslag en inhoud soos nuut, blaaie lig vergeel
Stofomslag deur Helmut Starcke