Description
Uitgewer: Lapa
Datum: Eerste druk 2014
Toestand: Sagteband nog nuut vorige eienaar se naam voorin
R120.00
Daniella Day het met ‘n gerf aantekeninge oor alles wat sy gesien en gehoor het uit ‘n rehabilitasiesentrum vir dwelmverslaafdes gekom en ‘n boek daarvan gemaak.
Met die lees van dié boek – nie vir sissies nie – beland die leser in ‘n draaikolk van gebeure in die wêreld van verslawing, dwelmsmouse, moord, prostitusie en agterstraataborsies, en van emosies oor Lisa se hopelose verhaal van verval.’
Wanneer jy die boek uiteindelik ontstem en ontroer toemaak, gevul met’ n nuwe nuwe duister kennis, weet jy: “Dit kon ek gewees het. Of my suster of my kind.” Dis ‘n ryk teks dié, met karakters oor ‘n wye spektrum, elk met sy of haar maniertjies en sonderlinge taalgebruik – taalgebruik wat nie net van skrywersvernuf getuig nie, maar op sigself ‘n verhaal van verval vertel.
Nie vir sensitiewe lesers nie.
Out of stock
Uitgewer: Lapa
Datum: Eerste druk 2014
Toestand: Sagteband nog nuut vorige eienaar se naam voorin