Buit /Breytenbach, Dibi

R220.00

Markus Gerlach en Domingos Magazi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van die moord op drie mense aangekla sal word.
Vir Phoebe Maritz, ‘n kleindorpse joernalis, is dit ‘n kans om eindelik ‘n groot storie na te jaag en sy sit die twee met die hulp van ‘n veiligheidskontrakteur, Paul Fryer, agterna. Sy hoop om ‘n eksklusiewe onderhoud los te slaan en die waarheid te ontbloot. Maar Cabo Delgado, waar die twee wegkruip, word deur verwoestende terreur geteister en niemand is daar veilig nie.
Gou bevind Phoebe haar in die middel van ‘n plofbare botsing tussen gevreesde insurgente, kastige filantrope, private militêre kontrakteurs, agente van internasionale olie-en-gasmaatskappye en – erger nog – ‘n bloeddorstige reeksmoordenaar.

1 in stock

SKU: FIKSIE.ALG.001/26/9/24 Category:

Description

Kwela Boeke

Eerste uitgawe, eerste druk 2022

Sagtebandboek in puik toestand, so goed soos nuut