Description
Uitgewer: Constantia Uitgewers
Datum: 1969
Toestand: Hardeband met s.o., xbibboek sakkie ne stempel maar nog in puik toestand
Oorspronklike titel: Og Tok die enn A/s – 1963
Vertaal: Uit Noors deur Nerina Ferreira
R100.00
Die dramatiese gebeure wat hier uitgebeeld word speel af in grensgebergte tussen Swede en Noorweë. Op die plaas Klegstet woon Peder Morset, boer, onderwyser en koster, saam met sy vrou en sewe seuns. Reeds vroeg gedurende die Tweede Wêreldoorlog, nadat die Duitsers die land beset het, het Peder Morset en sy seuns verwikkel geraak in die weerstand teen die besetters, en mettertyd het hulle ‘n onontbeerlike rol gespeel in die versetbeweging teen die vyand,
Teenoor die Morset-gesin staan Henry Oliver Rinnan, die sluwe, meedoënlose Noorse verraaier wat met groot lis ‘n bende lokvinke, folteraars en moordenaars uitgebou het waarmee hy lank alles versetwerk oor groot dele van die land kon lamslaan. Reeds in 1941 het hy, soos ‘n giftige spinnekop, sy draadjies in Selbu en Tydal begin span…
Dit was ‘n winternag in 1943. ‘n Sneeustorm het deur die vallei getier. UIt die donkerte, die sneeu en die stormwind het die Gestapo plotseling op die plaas Klegstet toegeslaan. Die hele Morset-gesin het op die vlug geslaan, die gebergtes in . DIe Gestapophoof, Flesch, het uit Trondheim bevel gegee dat hierdie gesin gevange geneem moes word en na Trondheim gebring moes word, hetsy lewendig, hetsy dood. Gou was daar honderde van Hitlet se soldate op hulle hakke, soldat wat spesiaal opgelei was vir so n agtervolging in ‘n winteroorlog…
1 in stock
Uitgewer: Constantia Uitgewers
Datum: 1969
Toestand: Hardeband met s.o., xbibboek sakkie ne stempel maar nog in puik toestand
Oorspronklike titel: Og Tok die enn A/s – 1963
Vertaal: Uit Noors deur Nerina Ferreira