Sale!

Skerm en masker /Beukes, Gerhard

Original price was: R70.00.Current price is: R60.00.

Hierdie bundel vyf kortspele is ‘n keur uit die oes van die afgelope jare en verteenwoordig die beste op die gebied van die kunseenbedryf in Afrikaans gelewer is.

Van die twee grondleggers van die Afrikaanse kunsdrama, J.F.W. Grosskopf en H.A. Fagan is hier twee ernstige stukke opgeneem van Groskopf sy bekende Oorlog is oorlog (1941) met as grondtema die onontvlugbare waarheid dat die mens te alle tye vir sy dade verantwoordelik bly en van Fagan sy Ruwe Erts (1934), ‘n studie in goedbedoelde maar sielkundig dwase pogings om ‘n armblanke dogter op te voed.

Die werk deur andere soos Uys Krige se knap blyspel, Die arrestasie (1943), ‘n stuk uit die strydperiode tussen Willem Adriaan van der Stel en die koloniste asook W.A. de Klerk se aangrypende spel Die jammer hart (1945) met die wrange tema: genademoord uit liefde en Gerhard Beukes se kersspel Laat die kerse brand (1945) met sy atmosfeer van wonder en aanbidding is hierin opgeneem.

Die inleidende hoofstuk van die boek, Die drama as uitbeelding van ‘n stryd om menslike geluk, verduidelik meer Die drama self, die Bou van die drama, Watter ander eienskappe soek ons in n goeie drama, Eenheid van handeling, Opvoerbaarheid, Natuurlike onthullende dialoog, Oortuigende karaktervoorstelling en so meer…

Out of stock

SKU: DRA.CHA.262/04 Category:

Description

Uitgewer: J.L. van Schaik Beperk

Datum: Sewende druk 1963

Toestand: Hardeband sonder stofomslag in netjiese toestand, naam van vorige eienaar voorin geskryf en met pen doodgetrek