Die bont takbok /Mikro

R140.00

Nie een van Ben Lasserbi se mede verkenners het besef dat by in werklikheld prins Carlo van Lasserkov is nie. Selfs generaal Koos de la Rey, onder wie se bevel Ben geveg het, het eers later uitgevind – later, toe die jaloerse en selfsugtige prinses Rosa gekom het om die prins te probeer teruglok na haar en het nie vir die gemeenste dade van verraad gestuit het nie.

Maar Ben, die onverskrokke verkenner en doring in die vlees vir lord Methuen, wou sy adellike afkoms afsweer — die Boere het hulle nie aan koninklike bloed gesteur nie en bowendien was daar Lettie — die mooi Boerenooi wat prinse gewantrou het.

Dit is een van die spannendste verhale van Mikro — ‘n verhaal so na die smaak van almal wat van hierdie skrywer se stories oor die Tweede Vryheidsoorlog hou.

Out of stock

SKU: FIKSIE.CDON.035/12/21 Category:

Description

Uitgewer:  Nasionale Boekhandel

Sesde druk 1963

Hardeband met stofomslag met sakkie in, in puik toestand vir sy ouderdom