Die digitale impak op kinders en jongmense / Wentzel Coetzer

R120.00

Riglyne aan ouers en opvoeders aangaande die internet, selfone, tablette en sosiale media.

Met hierdie besondere publikasie word die digitale impak op kinders en jongmense breedvoerig bespreek. In die publikasie word dit beklemtoon dat kinders en jongmense deel is van ‘n generasie met ‘n intense behoefte aan kontak en verhoudings wat dikwels verwar word deur die idee dat hierdie behoefte deur ? digitale wêreld bevredig kan word. Die intensiteit van die gevare en slaggate binne die digitale wêreld word op alle vlakke uitgelig en die kwesbaarheid waaraan Millenniërs uitgelewer is, word in detail ondersoek. Die digitale ontwikkeling en -impak daarvan beklemtoon die groot uitdaging aan ouers, onderwysers en die kerk ten opsigte van die geestelike begeleiding van kinders en jongmense wat oorweldig word deur die digitale impak op hul lewens en emosioneel en geestelik verward en rigtingloos geword het. Die belangrike fokus op ‘n realistiese beskouing oor die lewe en verhoudingsvaardighede maak hierdie publikasie absoluut noodsaaklik vir ouers en opvoeders. Daar word in hierdie publikasie baie duidelike praktiese pastorale riglyne en wenke aan ouers en opvoeders aangaande die Internet, selfone en sosiale media, aangebied wat tot groot hulp kan wees.

Dr Rudy Denton. Noordwes Universiteit

2 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.WEN.003/9/10; NIE-FIKSIE.WEN.004/9/10 Category:

Description

Gedruk deur die skrywer self

April 2019

Sagteband met mooi gekleurde glansvoorblad, nuut aangekoop