Die duiwe en die spreeu / Ben Conradie

R120.00

Kanarie en sy maats is in standerd nege en op die drumpel van die lewe “daar buite”. Kanarie wil dokter word, Prof predikant en Dawid het besluit om eers sy militêre opleiding te voltooi. Net so is Joana, Hester, Maryna en Frikkie ook reeds aan’t planne maak vir die toekoms.

Die onderwysers en ds Jansen maan, gee raad, skrobbeer en help so vorm en rigting gee aan elk van die jongmense se drome en ideale.

Maar dan gebeur iets wat die maats tot stilstand ruk en hulle opnuut laat besef dat God alleen beskik – hoe mens ook al oor sy eie lewe wik en weeg.

Met Die duiwe en die spreeu slaag Ben Conradie , bekende skrywer van jeugverhale en oud-onderwyser, daarin om lewensgetroue karakters te skep met wie se lotgevalle die jong leser hom volkome sal kan vereenselwig. ‘n Jeugroman wat getuig van deurlewing en diepgaande insig in die jongmens se gemoed.

2 in stock

SKU: JEUG.ALG.002/7/6/21; FIKSIE.(B).TBT.086/5/23(SUR) Category:

Description

Uitgewer:  Waterkant uitgewers

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1983

Toestand: Hardeband met gekleurde stofomslag, boodskap aan vorige eienaar deur skrywer en ook ‘n geteken deur die skrywer – 14.11.83

Omslagontwerp: F. Lategan