Kogmatien / Ben Conradie

R70.00

Toe dit Maartvakansie word, weet Gertjie sommer sy pa gaan weer sê hulle bly mos by die see en mense wat so gelukkig is, hoef nie weg te gaan nie. Maar hulle moét Flinkfontein toe, besluit Gertjie. Sy pa praat voortdurend van dié plaas in die Groot Karoo waar hy grootgeword het en van die meerkatte en otters en dasadders wat daar hou, en hy en sy ma was nog nooit eens daar nie.

Sy pa moes self oor terugverlang het, want hy stem in dat hulle vir ‘n paar dae gaan.

Gertjie het nooit regtig geglo dat dasadders bestaan nie. Die diertjie is sommer ‘n bangmaakding, het hy gedink, want in die ensiklopedie was daar net foto’s van meerkatte en otters. Toe hy dus op die voorlaaste aand iets in sy mandjie-wip vang, meen hy dit is ‘n meerkat. Hy waag nie om die mandjie oop te maak nie en gaan sit dit stilletjies agter in die motor. ‘n Mak meerkat het hy gelees, maak ‘n wonderlike troeteldier.

Maar terug in die Strand maak die Keyters ‘n ongelooflike ontdekking. Gertjie het ‘n dasadder gevang! ‘n Diertjie wat niemand geglo het werklik bestaan nie – selfs nie Gertjie se pa nie, al het hy met die storie begin. In ‘n ommesientjie is die hele omgewing in rep en roer.

Met al die opwinding en ontwrigting kan Gertjie nie besluit of dit reg of verkeerd is om Kogmatien aan te hou nie en raak sy verlamde vriendinnetjie Leila meer en meer geheg aan die rare wesentjie met sy grillerige stert.

Kogmatien is ‘n lekkerleesboek. Die skrywer speel op ‘n boeiende manier met die idee dat  een diertjie oorleef het uit die prehistoriese tydperk toe die Karoo ‘n waterryke en dig begroeide wêreld vol wonderlike gediertes was.

Out of stock

SKU: JEUG.DON.010/15/2/18 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1984

Toestand: Hardeband met mooi gekleurde voorblad, boek het stempel in boek verder is boek skoon en netjies

Omslagontwerp: Deur Bodi