Description
Uitgegee deur Marnix
1ste uitg 2011;
Sagteband splinternuut
R130.00
Dis die tragiese geskiedenis van die Oranje-Vrystaat se diamantvelde – die rykste in die wêreld. Kimberley en sy omgewing was vroeër Vrystaatse grondgebied. Op 23 Februarie 1854 het Groot-Brittanje met die Bloemfontein Konvensie die republiek se grense “tussen die Oranje- en die Vaalrivier” bevestig.
Toe daar egter in 1870 diamante op die Vrystaatse plaas Vooruitsicht (*vandag die plek van die “Groot Gat” ontdek is, het Brittanje sy eie dokument van 1854 opgeskeur. Die Britse politici het skielik betoog dat die diamantvelde aan die Griekwavolk behoort. Sir Henry Barkly het ‘n hof buite die Vrystaat se grense op die dorp Bloemhof ingestel met sy eie regter sonder die Vrystaat. Daar, word die diamantvelde op 17 Oktober 1871 aan die Griekwavolk gegee. TIen dae later, op 27 Oktober 1871 annekseer Barkly die diamantvelde vir Groot-Britta nje! Nou het die Vrystaat niks en die Griekwas ook niks…
Out of stock
Uitgegee deur Marnix
1ste uitg 2011;
Sagteband splinternuut