Description
Lapa uitgewers
Derde druk 1994
Hardebandboek, stofomslag en inhoud in puik toestand
Omslagontwerp: Rassie Erasmus
R180.00
Hierdie eerstelingnovelle van Engemi Ferreira sal die lesers daarvan op ‘n verskeidenheid maniere boei. Dit vertel ‘n raaiselverhaal met ‘n moeilik-voorspelbare ontknoping, fyn verberg in ‘n netwerk van geheimnisvolle gegewens wat deur verskillende spreekstemme, vanuit verskillende perspektiewe, aangebied word. Hierdie stemme bou egter ook, in besonderheid na besonderheid, aan die beeld van ‘n sonderlinge sterk karakter: “Ma”. Dit is die stemme van haar kinders wat vertel van die ingrypende, lotsbeslissende invloed wat sy op haar hele gesin uitgeoefen het. So word die novelle ook ‘n klein gesinsgeskiedenis, waarin subtiel en met piëteit getas word na die soet dwingelandy van liefde en lojalitieit wat deur familieverwantskappe tot stand kom. Dit is ‘n verhaal van buitengewone dinge: ‘n sonderlinge gesin en ‘n sonderlinge gebeurtenis – oerstof vir ‘n goeie storie. Maar tog word algaande waarhede van waarde vir elke mens daarin aan die orde gestel. So word die boek dan ook deel van die “wysheidsliteratuur” of wel-lewenskuns deur elke kind se weergawe van die moeder se ligte lewenswysheid, haar essensieel religieuse belewenis van haar lot, haar dankbare vreugde aan die skoonheid, selfs in die bitterste ongeluk.
Die Jaar Toe My Ma Begin Sing Het by Engemi Ferreira is ’n Afrikaans literêre novelle wat as ’n raaiselverhaal en gesinsgeskiedenis ontvou, vertel deur verskillende stemme en perspektiewe wat saam die figuur van Ma vorm, met kern temas soos familieband, liefde, lojaliteit, geloof en lewenswysheid binne ’n intieme huishoudelike milieu.
Out of stock
Lapa uitgewers
Derde druk 1994
Hardebandboek, stofomslag en inhoud in puik toestand
Omslagontwerp: Rassie Erasmus