Roeiers op die Rugbreekrivier / Maretha Maartens

R65.00

Rus en vrede bly die mens van die neentigerjare ontwyk. Van alle kante kom lewenskrisisse op ons aangejaag wat ons wil oorweldig. Hoe lank nog sal ons kop bo water kan hou terwyl ons spartel in die stormwaters van :

*Huweliks- en middeljareversteurings
*arbeidsonsekerheid
*finansiële insinking en stygende pryse
*droogte en ander natuurrampe
*die geweld in die ons land?

Roeiers op die Rugbreekrivier is ‘n oorlewingsgids by uitnemendheid – n moet vir elke man en vrou wat hulle op die stormagtige waters van die jare neentig bevind.  Mens kan dit sekerlik nog meer in hierdie tyd van Covid-19 ook benut…!

 

1 in stock

SKU: GEE.89/2013 Category:

Description

Lux Verbi

Tweede druk 1993

Dun sagtebandboekie met mooi gekleurde voorblad, boodskap aan vorige eienaar voorin boek