Die krete sterf weg / Jean Denys

R70.00

Die krete sterf weg is ‘n eenvoudige verhaal van ‘n groot en blywende liefde: die liefde van die seuntjie, Leonardo, vir sy bulkalfie, Gitano.

Die verhaal speel in Mexiko af en weerspieël treffend die frisheid van die Mexikaanse landskap met sy eenvoudige boere wat deur die wereldwye kapitaliste van die stede uitgebuit word. Leonardo woon op ‘n klein plasie wat aan ‘n groot landheer behoort. Op dié groot stoetplaas word hulle vir Mexiko se stiergevegte geteel en grootgemaak. Om hierdie rede moet Leonardo baie ontberings deurmaak ten einde te keer dat sy vriend na die hoofstad geneem word…

Out of stock

SKU: FIKSIE.NOR.008/9/2/22 Categories: ,

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste druk 1961

Hardeband met gekleurde voorblad, x bibboek met plakkers en stempels

Oorspronklike titel: Les Clameurs se tont Tues

Uit Frans vertaal deur GPK Kirsten

Bandontwerp: Willem Jordaan

Reeks: Kadet nr. 6