Die naakte waarheid /Kaptein, Aat

R100.00

Hierdie boek het gee inleiding nodig nie. Dit is voldoende om te sê dat die inhoud in ooreenstemming is met die titel. Die skrywer handhaaf sy ou gewoonte om sommer baie reguit te sê wat hy dink, en hy sê dit op ‘n manier wat altyd boeiend is.

Sommige van die oorpeinsings wat in hierdie vrymoedige versameling opgeneem is, het die lesers van Die Burger reeds in die een of ander vorm onder oë gekry.

Hulle het dit sonder noemenswaardige tekens van verval deurstaan. Maar die bestuurders van Nasionale Pers was tog wel bly toe hulle van verdere verantwoordelikheid vir die kopiereg verlos is.

Vir hulle vriendelike toestemming om die stukkies nou in ander klerasie op ‘n tweede kruistog te stuur, bly ek hulle baie dankbaar. Of die lesers van hierdie boekie dieselfde gevoelens sal koester?

Dit is die vraag waarin die skrywer hom – ter wille van sy nagrus liewe nie verdiep nie…

Out of stock

SKU: FIKSIE.KIN.001/16/22 Category:

Description

Banier Uitgewers

1964

Hardebandboek met blouerige omslag in mooi toestand, skuurmerke op rugkant van omslag, klein vlekkie aan bokant van die boekblaaie, paar bruin merke op eerste titelbladsy